Pa maak vir my ‘n vlieër, Pa

Sandra Prinsloo wen ’n Kanna vir Ma in Pa maak vir my ‘n vlieër, Pa.

Gehore is vreemd en ernstig aangedaan deur hierdie absurde teaterteks – internasionaal gereken – van Chris Barnard.

Die verruklike huldeblyk spog ook met Waldemar Schultz en Wilhelm van der Walt. Org versorg sy sieklike moeder. In die eng ruimte van ’n beknopte woonstel ontvou ’n verhaal van skuld, liefde en verwyt. En hoekom is die dreigende besoek van ’n gas so vreesaanjaend?

Deur: Chris Barnard Met: Sandra Prinsloo, Waldemar Schultz, Wilhelm van der Walt Oorspronklike Werk: Wessel Pretorius Regie: Albert Maritz Stelontwerp: Albert Maritz Tegniese regisseur: Gavin Hauptfleisch Verhoogbestuur: Gavin Hauptfleisch Musiek: Josh Prinsloo Vervaardiger: Allie se Produksies cc Namens Innibos Moontlik gemaak deur: NATi & Innibos.

Weet-en-Sweet: 4 Okt 10:00 | 5 Okt 11:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 10:00 | R125 | 95 min | Geen o/10 (D) | Afr

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket