Weerklink van ‘n Wanklank

Hierdie eenman memoire van Pieter-Dirk Uys het begin as ’n solo opvoering net vir een aand by die 2015 Nasionale Kunsfees in Grahamstad as The Echo of a noise.

In die maande daarna waar ook die stuk opgevoer is, was daar staande ovasies en vyf-ster media reaksies. Pieter-Dirk Uys vind in sy sewentigste-plus jaar die moed om die storie agter die stories te vertel, ’n persoonlike kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag.

Sy familie in Pinelands met Ma Helga en Pa Hannes met hulle liefde, musiek en dissipline. Ook oumas en aias, en die nimlike Sophia Loren! Almal het sy lewens-siening help vorm tot die later spartelings met sensuur en Nasionale Party kaskenades tydens sy opgroei- dekades in ons plaaslike teater.

Nou in Afrikaans is Weerklink van ’n wanklank die naaste aan sy lewenspad, waar sy ander moedertaal van Duits saam met sy vader se Afrikaans, afgewissel met skool-Engels en teater-snelskrif, sy alfabet van dialoog en beskrywing saamsmelt in hierdie viering van Suid-Afrikaner-wees deur lief en lied, soet en suur.

Deur: Pieter-Dirk Uys Met: Pieter-Dirk Uys Vervaardiger: PD Uys Productions cc Moontlik gemaak deur: Evita se Perron

C6 POK: 6 Okt 16:00 | 7 Okt 20:00 | Eco of a noise: 7 Okt 16:00 R135 | 105 min | OB | Afri