Winterboom

Gerda Harmse (Susanne Beyers) en haar seun, Marius (Jaco Nothnagel) is besig om hulle herehuis op die plaas Winterboom, op te pak, want Gerda trek eersdaags Somerset Wes toe om af
te tree.

Marius het items wat hulle nie kan saamneem nie op die internet geplaas om te verkoop. Ané Volschenk (Cintaine Schutte) daag op om Gerda se trourok te besigtig, maar laat val ook dat sy informasie het wat Gerda al vir 30 jaar probeer geheim hou.

Deur: Wessel Pretorius Met: Cintaine Schutte, Susanne Beyers, Jaco Nothnagel Regie: Mari Borstlap Tegniese regisseur: Jaco Nothnagel Verhoogbestuurder: Lize van Rooyen Vervaardiger: Jaco Nothnagel

Boys High: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 09:00 | 5 Okt 09:00 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 20:00 | R140 | 80 min | Geen o/13 (T, V) | Afr

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket