Koöperasiestories

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul…

Ná uitverkoopte optredes landswyd, sluit ons die jaar by Aardklop af. Die bekende stories speel af in ’n klein dorpie, in ’n vorige era, maar ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die geliefde karakters.

Dis volksteater op sy beste: vol lag en ’n bietjie traan.

In liefde en met dankbaarheid opgedra aan P.G. du Plessis.

Gebaseer op: P.G. du Plessis se verhale Deur: Alexa Strachan Met: Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius en Carel Nel Regie: Sandra Prinsloo Ontwerp: Juanita Ferreira Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Vervaardiger: Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, Atterbury Trust, NATi, Tygervalleisentrum, Dairy Exchange en Hollywood Costumes Mediavennote: RSG en Huisgenoot

Sanlam Ouditorium: 3 Okt 16:00, 20:00 | 4 Okt 10:00 | 6 Okt 15:00 | 7 Okt 09:30 | R130 | 75 min | OB | Afr

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket