Pret en plesier vir viool en klavier

In die feestelike gees van Aardklop bied Piet Koornhof (viool) en Tinus Botha (klavier) ’n program van lighartige, strelende en prettige klassieke musiek: danse, van die makabere tot die vurige, afgewissel met die skertsende en humoreske, en selfs ’n musikale novelle of twee.

Komponiste van die Verre Noorde tot Doer Onder wys dat ligter emosies ewe tuis is in klassieke musiek as die meer ernstige en diepsinnige. Musiek van Sibelius, Bennett, Benjamin, Rautavaara, Saint-Saëns, Svendsen en Falla.

Met: Piet Koornhof (viool), Tinus Botha (klavier)

kykNET Konservatorium: 3 Okt 12:00 | 4 Okt 09:30 | 5 Okt 12:30 | R110 | 60 min | Gesin | Afr, Eng

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket