RSG “Dis Opera”: Gunsteling musiek uit die Opera 

Hierdie program bestaan uit ’n koor-, solo- en ensemble- repertorium uit gewilde operas van onder andere Verdi, Mozart, Puccini, Mascagni.

Dit word aangebied deur die Konservatoriumkoor en uitstekende soliste met klavierbegeleiding. Al die sangers is tans sangstudente by die NWU, Skool van Musiek.

Die musiek word aanmekaar geweef met interessanthede vertel deur Wouter de Wet van RSG se Dis opera.

Met: Konservatoriumkoor en soliste van die Skool van Musiek, NWU, met vertellings deur Wouter de Wet van RSG Dis opera Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido, Santisa Viljoen Moontlik gemaak deur: RSG

NG Kerk Miederpark: 5 Okt 19:00 | 6 Okt 11:00 | R120 | 70 min | Gesin | Ita, Duits, Fra

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket