Melk & Vleis

Dis 1996. ’n Onafhanklike vrou los haar werk as aktuaris in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer.

Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap en wend haar vernuf aan om sy familieplaas in die Oos-Kaap van gewisse ondergang te red.

Nadat hul met moeite deur in vitro ’n erfgenaam vir die plaas skep, begin die ongemaklike weefwerk wat hul verbind geleidelik uitrafel. En wanneer haar man haar verraai? Hell hath no fury like – ’n boervrou.

Melk & Vleis is ’n opwindende debuutwerk wat ’n nuwe stem aankondig in die Afrikaanse Drama-literatuur.

Gebaseer op Euripides se Medea Verwerk deur: Marina Albertyn Met: Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka Regie: Marthinus Basson Stelontwerp: Marthinus Basson Verhoogbestuur: Danielle Louw Vervaardiger: Chris Pienaar

Weet-en-Sweet: 3 Okt 15:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 12:00 | 7 Okt 20:00 | 80 min | R130 | Geen o/12 (T) | Afr

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket