PG: ‘n Lewe vol…

Dr P.G. du Plessis, bekroonde dramaturg, draaiboek- en romanskrywer, storie-verteller, twakprater, gemoedelike kwaadstoker van formaat en volks-ikoon, is oorlede op 7 Junie 2017.

Van Suid-Afrika se voorste kunstenaars kom bymekaar om die werk en lewe van hierdie grootgees te vier. Hy het ons lewens, en die Afrikaanse kultuurskat verryk; en sý lewe was eweneens vol…

Opgedra aan die liefde van sy lewe, Marie du Plessis, met dank dat jy hom met ons gedeel het.

Met: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Coenie de Villiers, Frank Opperman, Christo Davids, Milan Murray, Pierre Breytenbach, Anna Davel, Pietman Geldenhuys, Alexa Strachan, Laurinda Hofmeyr (klavier), Rixi Roman (baskitaar) David Klassen (perkussie) en prof. Hans du Plessis Vervaardiger: Aardklop Ondersteun deur: KunsStig

Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 7 Okt 18:00 | R140 | 75 min | Gesin | Afr

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket