Taxi Teater

’n Taxi trippie na twee kief uithangplekke in Promosa en Ikageng.

Feesgangers kry die unieke geleentheid om saam met locals te makietie op ’n regte township toer.

’n Lucky packet van kuns, musiek, sang en dans word opgedis deur plaaslike talent uit die Aardklop Ontwikkelingsprogram, terwyl jy kan weglê aan tradisionele lekkernye en drinkgoed.

Vertrek vanaf Pendeldiensstasie, h/v Esselen & Presidentstrate 3 Okt – 7 Okt 12:00 en 15:00 | R80 | 120-150 min | OB

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket