Stemme Vir Môre

Die blinkste jong operasterre, Vuvuyiso (Vuvu) Mpofu (sopraan) en Bongani Kubheka (bas-bariton), sluit by pianis Charl du Plessis aan vir ’n program van operagunstelinge.

Met internasionale rolle en pryse op elk se kerfstok reis hulle na Aardklop vir ’n vertoning van voorste musiek vir liefhebbers van die stem. Charl du Plessis se programsame- stelling bestaan uit geliefde melodieë uit barok- en klassieke opera soos Xerxes en Le nozze di Figaro.

Die groot arias uit die Romantiese skatkis waaronder Rigletto, Carmen en La Traviata word ook gehoor. Die bekendste duette sluit die program af en sorg vir ’n luisterlafenis.

Met: Noluvuyiso Mpofu (sopraan), Bongani Kubheka (bas-bariton), Charl du Plessis (klavier) Musiekregie: Charl du Plessis Vervaardiger: Aardklop

NG Kerk Miederpark: 6 Okt 13:30 | 7 Okt 13:30 | R140 | 60 min | Gesin | Afr, Eng

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket