30 – 30-minute-resepte, wenke en wyshede deur Herman Lensing

Die gewilde koskenner, TV-persoonlikheid en redakteur van die top-kostydskrif, SARIE KOSHerman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

30 is daarom die gepaste titel van Herman se derde resepteboek teen sy 30ste verjaarsdag.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings: brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis, en hoender.

By elke afdeling van 30 is daar ook vier “moetmaak” resepte. Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers ook om ’n bietjie uit sy lewe te leer.

Herman is ook die outeur van Voorskoot en Nóg ‘n Voorskoot.

Met: Herman Lensing en Annelien Pienaar

6 Oktober, 12:00