Elders

Elders vertel die verhaal van Erns Grundling se Camino-staptog van 1 025 km oor 40 dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het.

In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning

van om in die oomblik te leef. Die bekende reisjoernalis, TV- aanbieder en radio-omroeper sal in gesprek wees met die komediant Schalk Bezuidenhoudt.

Met: Erns Grundling en Schalk Bezuidenhoudt

4 Oktober, 16:30