Hierdie Huis

In Hierdie Huis bevind Kleinboer hom nog steeds in die rowwe Yeoville naby Johannesburg
se middestad.

Hy is verknog aan sy erf, maar is ’n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word.

Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied.

Hierdie huis voltooi die drieluik wat Kleinboer met sy bekroonde Kontrei en Werfsonde begin het op fassinerende en ontroerende wyse.

Met: Kleinboer en Melt Myburgh

Dinsdag 3 Oktober, 15:00