Nuwe Stemme

Nuwe stemme gee vir die varsste, nuutste stemme in Afrikaans ’n plek om hulself te laat hoor.

Die sukses van die projek kan gesien word in die vorige deelnemers wat nou gevestigde skrywers is: Ronelda Kamfer, Gilbert Gibson, Loftus Marais, Kirby van der Merwe, Tom Dreyer en vele meer.

Hierdie uitgawe is saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers. As jy wil weet hoe lyk die skrywers van die toekoms, lees Nuwe stemme.

Met: Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers en voorlesings deur die nuwe digters wat opgeneem is – Angelique Gerber, Elmarie Viljoen-Massyn, Erentia Bedeker, Johan Jack Smith, Johannes Naude Kritzinger en Marcel Spaumer

4 Oktober, 18:00