The Republic of Gupta

The Republic of Gupta stel ondersoek in oor wat die Gupta- broers gedoen het tydens die Thabo Mbeki-presidensie en hoe hulle in die binnekring van president Jacob Zuma gekom het.

Dit skyn nuwe lig op hul kontroversiële ondernemings in rekenaars, krieket, koerante en TV-nuus, asook steenkool en uraanmynbou.

Pieter-Louis Myburgh delf dieper as ooit tevore in die Guptas se sakebedrywighede en hul skakels met prominente Suid-Afrikaanse politici.

Hy gesels met Melt Myburgh.

Met: Pieter-Louis Myburgh en Melt Myburgh

Dinsdag, 3 Oktober 12:00