Kunssafari vir kinders en tieners

Die bekroonde Kunssafari vir Kinders, wat sedert 2016 moontlik gemaak word deur die MTN-stiging, bied vanjaar weer ’n geleentheid om kinders en tieners ’n inleiding te gee tot die kunste en om ’n liefde en waardering vir die visuele kunste te kweek.

Deelnemers word onder toesig na verskeie kunsuitstallings op die NWU-Potchefstroomkampus geneem waar opgeleide assistente van die NWU-galery hul sal begelei. Elke kind ontvang ook ’n aktiwiteitsak as deel van die uitstappie.

Toere vir kinders:

  • Beginpunt: NWU-galery
  • Tyd: 9:30
  • Vir kinders van 6-10 jaar (25 maksimum)
  • Toer eindig by die ouditorium om 12:30.
  • 3-6 Okt | R70 per kind
  • KLIK HIER vir kaartjies by Computicket

Toere vir tieners:

  • Beginpunt: NWU-galery
  • Tyd: 9:30
  • Vir tieners van 11-15 jaar (25 maksimum)
  • Toer eindig by die ouditorium om 13:30.
  • 3-6 Okt | R70 per tiener
  • KLIK HIER vir kaartjies by Computicket