Verblyf

  • Navrae: verblyf@aardklop.co.za
  • Arriveer enige tyd tussen 10:00 en 17:00
  • Vertrek asb. voor 9:00 die oggend wat jy vertrek
Koshuis Koste per bed Etes Afstand tot by Aardklop Ingesluit / wat bring gaste self
Ratau

 

 

R170 per bed

Slegs enkel kamers met 1 enkelbed beskikbaar – slegs 1 persoon per kamer

Geen etes ingesluit nie Stap oor parkeerarea van koshuise en dan oor die pad tot by die Aardklopgronde Bring eie: beddegoed, handdoeke, eetgerei (borde, bekers, messe, vurke, ens.) Pak asof jy gaan kamp.

Daar is geen yskaste.

Kombuis het klein oondjie en” Hydroboil” (warm en koue water)

Wasgeriewe beskikbaar. Bring eie strykyster en waspoeier.

Klein ontspannigsarea beskikbaar  by ontvangs – geen TV, slegs rusbanke

Geen hangkaste in kamers

Slegs storte

 

Eikenhof R170 per bed

Slegs enkel kamers met 1 enkelbed beskikbaar – slegs 1 persoon per kamer

 

Geen etes ingesluit nie Stap oor parkeerarea van koshuise en dan oor die pad tot by die Aardklopgronde Bring eie: beddegoed, handdoeke, eetgerei (borde, bekers, messe, vurke, ens.) Pak asof jy gaan kamp.

Kombuis op elke vloer met `n yskas, mikrogholf, oondjie en waterstasie (warm en koue water)

Wasgeriewe beskikbaar. Bring eie waspoeier en strykyster

Gemeenskaplike ontspanningsarea   – geen TV

Binnehof met gras

Braai-geriewe beskikbaar

Geen hangkaste

 

Excelsior

 

R150 per bed.

Slegs dubbelkamers beskikbaar met 2 enkelbeddens per kamer – R300 per nag

Geen etes ingesluit nie Stapafstand tot by Aardklopgronde + 1 km (stap oor die brug of deur die duikweg) Bring eie: beddegoed, handdoeke, eetgerei (borde, bekers, messe, vurke, ens.) Pak asof jy gaan kamp.

Daar is geen yskaste.

Geen kombuisgeriewe nie.

Waterstasies beskikbaar (warm en koue water)

Wasgeriewe beskikbaar. Bring eie strykyster en waspoeier.

Ontspannigsarea met banke en tafels – geen TV

1 Hangkas per kamer

Slegs storte

 

Ferdinand Postma Skoolkoshuis

 

 

 

 

 

 

 

 

Kampeerterrein beskikbaar by Ferdinand Postma

R270 per bed

Opsies bskikbaar:

 

Kamers met 2 enkel beddens – R500 per nag

 

Kamers met 4 enkel beddens – R1000 per nag.

 

 

 

Karavane – R80 per persoon

Tente – R75 per persoon.

Kontinentale ontbyt ingesluit (yoghurt, brode / scones / muffins, ham, kaas en konfyt

 

Koffie / tee enige tyd  beskikbaar

 

 

 

 

 

Ontbyt beskikbaar teen R30pp.

Moet die dag voor die tyd bestel word.

Kontinentale ontbyt (sien bo)

 

4.5 km Bring eie: beddegoed, handdoeke, eetgerei (borde, bekers, messe, vurke, ens.) Pak asof jy gaan kamp.

Bring eie standaard badprop  – baddens en storte beskikbaar

Kombuis met yskas en mikrogholfoond beskikbaar

Ontspanningsarea met TV en rusbanke

Wasgeriewe beskikbaar – bring eie waspoeier en eie strykyster

Elke bed het `n hangkas

Grondvloer is rolstoel-vriendelik

 

Kragpunte op terrein (NB: bring “double adapters” en verlengingskoorde)

Kombuis- en badkamergeriewe in koshuis. Bring eie eetgerei  (sien bo)

 

Abraham Kriel R300 per bed.

Opsies beskikbaar:

 

Kamers met 3 enkel beddens – R900 per nag

 

Kamers met 4 enkel beddens – R1200 per nag

 

Kamers met 5 enkel beddens – R1500 per nag

 

Volledige Engelse ontbyt ingesluit ( Muesli,  yoghurt, spek, eier, tamatie, roosterbrood, kaas en konfyt) Ekstra eier is `n opsie

 

Koffie / tee enige tyd  beskikbaar

 

Gekookte middag- en aandetes beskikbaar op bestelling teen R40 / bord – moet vorige dag bestel word

6.7 km Beddegoed ingesluit

Bring eie handdoeke

Eetgerei (borde, koppies, ens) beskikbaar

Wasgeriewe beskikbaar – bring eie waspoeier

Kombuise beskikbaar met yskas, mikrogholfoond en ketel.

Ontspanningsareas beskikbaar met TV, tafels en rusbanke

Elke bed het `n klerekas

Slegs storte