Aardklop-toekennings – 2017 se wenners

Hier is die wenners vir die Aardklop-toekennings 2017.

Die wenners is, 6 Oktober, by ‘n toekenningsfunksie in Potchefstroom bekendgemaak.

  • Aardklop Beste Aktrise: Illse Roos (Melk & Vleis)
  • Aardklop Beste Akteur: Paul du Toit (Melk & Vleis)
  • Aardklop Beste Regisseur: Marthinus Basson (Melk & Vleis)
  • Aardklop Beste Algehele Aanbieding: Melk & Vleis
  • ATKV – Aardklop Toekenning vir Grensverskuiwende Werk: Marina Albertyn (Teks: Melk & Vleis)
  • Visuele Kuns: Beste Uitstalling: SNAKE EYES 2.0 van The Found Collective
  • Hartsvriende – Beste Produksie: Weerkaats met Milan Murray

Aardklop paneellede: Mareli Stolp (Sameroeper), Diane de Beer, AJ Opperman, Lebona Sello, Suzaan Keyter, Alby Michaels, Felicia Lesch en Angelo Mockie.