BLOED EN BODEM

Jana kom besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit, en haar pa sit deesdae meer
op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag laat hy in dronkenskap die hek oop…

Die enigste ander een wat toegang tot die huis het is Sibongile.

’n Bitter relevante verhaal oor grense, grond en familie; oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

Die bekroonde Melk en Vleis-span bring hierdie eg Suid-Afrikaanse verhaal op die planke.

Met:Stian Bam, Albert Pretorius, Obed De Koker, Carla Smith Produksiespan: Marthinus Basson, Chris Pienaar en Danielle Louw Teks: Marina Albertyn Regie: Marthinus Basson Vervaardiger: Aardklop Moontlik gemaak deur: AK21, ondersteun deur NATi

Banketsaal, 2 Okt 20:00, 3 Okt 10:00, 4 Okt 15:00, 5 Okt 17:30, 6 Okt 10:00 R135 80min, Drama, OB, Afr

Kaartjies by Ticketpro:
2 Okt 20:00 KLIK HIER
3 Okt 10:00 KLIK HIER
4 Okt 15:00 KLIK HIER
5 Okt 17:30 KLIK HIER
6 Okt 10:00 KLIK HIER