3 SUSTERS

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag.

Dis Christine se 50ste verjaarsdag – haar tweelingsusters se geskenk aan haar. ’n Bord soesji sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy is bang vir vlieg.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses bevraagteken en ou koeie opgegrawe.

So hier sit hulle nou. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? Drie susters is ’n “dramedy” geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub- faam.

Regie: Tara Notcutt Met: Lizz Meiring, Nicole Holm, Margit Meyer-Rödenbeck Teks: Louis Pretorius Klankbaan: Gideon Lombard Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Vervaardiger: Arena Produksiehuis & Innibos Kunstefees

Totius Saal 2 Okt 17:00 3 Okt 14:00 4 Okt 20:00 5 Okt 19:00 R140, 80 min, Drama, OB, Afr

Kaartjies by Ticketpro:
2 Okt 17:00 KLIK HIER
3 Okt 14:00 KLIK HIER
4 Okt 20:00 KLIK HIER
5 Okt 19:00 KLIK HIER