TOUTJIES EN FERREIRA

Al ooit gewonder wat gebeur op die verhoog in die uur voor ’n vertoning by ’n kunstefees begin? Die
antwoord is ongelóóflik baie.

Kom benut ’n seldsame kans om hierdie gekke, snaakse, spanningsvolle uur met akteurs en tegnici te beleef. Jy gaan lag en dan gaan jy minder lag in dié produksie wat as komedie wegspring en by knop in die keel eindig.

As jou kinders emigreer is die vooruitsig van Skype op ’n Sondag met kleinkinders wat Engels praat, ’n skrale troos. Spesiaal vir diesulkes en ander wat sit met ’n gat in die hart; ook vir feesfoendis, en almal wat nog nooit agter die skerms in ’n teater was nie.

Met: Frank Opperman, Joanie Combrink, Antoinette Kellermann, Anthea Thompson, Esther von Waltsleben, Geon Nel, Aphiwe Livi, Wolf Britz en Melanie Scholtz Teks: Saartjie Botha Regie: Wolf Britz en Nicole Holm Stelontwerp: Wolf Britz Tegniese regisseur: Brechmari van Wyk Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp. Vervaardiger: US Woordfees

Beeld Ouditorium 3 Okt 11:00 4 Okt 13:30 5 Okt 10:00 6 Okt 10:00 120 min R130 Komedie en Drama Geen o/14 (T), Afr

Kaartjies by Ticketpro:
3 Okt 11:00 KLIK HIER
4 Okt 13:30 KLIK HIER
5 Okt 10:00 KLIK HIER
6 Okt 10:00 KLIK HIER