STAND-UP KOMEDIE

Kom sluit jou dag met skaterlag af saam met Suid- Afrika se voorste komediante by Netwerk24 Feeskafee – jou tuiste vir stand-up komedie by Aardklop.

Ten minste drie komediante tree elke aand op en deel hul eiesoortige en vlymskerp waarnemings oor die lewe, die land waarin ons leef en allerhande ander dinge. Verwag vreeslose humor, improvisasie en ’n paar verrassende gaste – enigiets is moontlik. In opdrag van Media24.

Met: Melt Sieberhagen, Hannes Brümmer, Mariette Loubser, Schalk Bezuidenhout, Alfred Adriaan en ander Vervaardiger & Verhoogbestuur: Erns Grundling

NWU Besigheidskool 4,5,6 Okt 20:00 R120 70 min Skerpskerts Geen o/14 Afr Eng