Aardklop App nou beskikbaar!

Aardklop sit nie sommer agteroor of raak ouderweds nie, nee nie sommer nie.

Hierdie jaar stel ons met trots ons spiksplinternuwe selffoontoep bekend. Die toepassing gee jou toegang tot `n interaktiewe feesprogram en lewendige resensies van alle produksies. Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en hy waarsku jou selfs oor moontlike botsings!

Verder laat die toepassing jou ook toe om deur die feesprogram te loer, kaartjies te koop met jou kredietkaart en vertonings tot jou koopmandjie te voeg. Dit is baie eenvoudig, jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die toep gestuur, as jy die kode op jou foon inskandeer. Dit is verspot maklik!

Aardklop is natuurlik nie net toneel, musiek en kultuur nie, daar is ook die feesterrein. Ons toepassing staan jou by om uitstallers op die feesterrein te vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.

Almal is deel van die fees en alle feesnuus voor en tydens die fees word direk na jou toepassing gestuur, so kan jy jou vinger op die pols van alles wat gebeur hou.

Die Aardklop-toepassing is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play store indien jy `n Andriod-foon het. Tik slegs in “AARDKLOP” en laai die toepassing af.

Aardklop morfeer en innoveer elke jaar en ons sien uit na die hierdie toevoeging tot ons dienslewering.

Laai dit af:
Android – KLIK HIER
Apple – KLIK HIER