Aardklop-toekennings 2018: genomineerdes

Die Aardklop-paneel het vanjaar weer eens gegons oor die hoë gehalte werk wat by die fees gelewer is.

“Goeie teater verander ons. Dit maak ons oë wyer oop, dit laat ons meer hoor, dit laat ons dieper voel. Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!” – Mareli Stolp, sameroeper van Aardklop-paneel.

Hier is die genomineerdes:

Aardklop 2018 Beste Aktrise

  • Cintaine Schutte (Huishou)
  • Nadia Valvekens (Huishou)
  • Sandi Schultz (My Seuns)

Aardklop 2018 Beste Akteur

  • Albert Pretorius (Bloed en Bodem)
  • Wilhelm van der Walt (Klippe wat val)
  • Dean John Smith (Klippe wat val)

Aardklop 2018 Beste Regisseur

  • Christo Davids (My Seuns)
  • Wolf Britz & Nicole Holm (Toutjies en Ferreira)
  • Marthinus Basson (Bloed en Bodem)

Aardklop 2018 Beste Algehele Aanbieding

  • My Seuns
  • Bloed en Bodem
  • Toutjies en Ferreira

ATKV – Aardklop Toekenning vir Grensverskuiwende Werk(slegs debuut)

  • My Seuns (produksie)
  • Christo Davids (teks: My Seuns)
  • Toutjies en Ferreira (produksie)

Aardklop 2018 Novum-toekenning

  • Binary Film Works – vir die konsep en vervaardiging van die TV-advertensies
  • Xtrapolate – vir die ontwikkeling van die Aardklop App
  • Dit & Dat – vir die ontwikkeling van Aardklop se bemarkingsveldtog

Aardklop 2018 Beste Byspeler

  • Esther von Waltsleben (Toutjies en Ferreira)
  • Sandra Prinsloo (My Seuns)
  • Donovan Pietersen (My Seuns)

Aardklop 2018 – Beste Nuutgeskewe Afrikaanse Teks

  • Saartjie Botha (Toutjies & Ferreira)
  • Christo Davids (My Seuns)
  • Philip Rademeyer (Huishou)

Aardklop 2018 – Beste Musiekgedrewe Produksie

  • Krog
  • Händel Masterpieces
  • Charl du Plessis Trio: Dis Opera

Aardklop 2018 – Beste Uitvoering – Musiek

  • Zanta Hofmeyr/ Miro Chakaryan
  • Charl du Plessis Trio: Dis Opera

Beste Visuele Kuns

  • Diane Victor – Skadu’s en Lig
  • Donald Wasswa

“Die kreatiwiteit en gehalte van die werk by vanjaar se fees het ons genoop om ekstra toekennings te gee.” – Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder.

Toekennings wat bygevoeg is: Novum-toekenning, Beste Musiekgedrewe Produksie, Beste Uitvoering – Musiek, Beste Byspeler, Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Teks.

Novum-toekenning word gegee vir die konsep, produksie of projek wat die mees kreatiewe of innoverende bydrae tot die fees as ’n geheel gelewer het.

Aardklop-paneellede: Mareli Stolp (Sameroeper), AJ Opperman, Lebona Sello, Alby Michaels, Antoinette Olivier en Ricardo Arendse.