Dié ouderwetse antie bied veilige vermaak

Charlene Colling

Antie Pohl is een van dáái anties – die een wat in haar tydskrifkolom vir die hartgebrokenes, die eensames en die versteurdes raad gee.

Van dié raadsoekers is onder andere Rolex van Sandton wat dink sy motorfietsklubvrou moet bietjie opge-jack word, bietjie statiger wees in sy kringe. Slakkie van Makwassie wil weet hoe hy bietjie woema kan kry, want sy avontuurlustige vrou is ietwat van ’n uitdaging.

Die fokus val veral dus op die verhoudings tussen teenpole en hoekom hulle op aarde aangetrokke sou wees tot mekaar. Sorina Erasmus en Cobus Venter moet tussen dié pole beweeg, en buiten in die rolle van diegene wat vir raad aanklop, is hulle ook te sien in die gedaante van Antie Pohl en haar kunssinnige man, Apie.

Barry van Rensburg, regisseur en skrywer, seAntie Pohlneig terug na die ouderwetse, die veilige, wat dit ideaal maak vir almal wat wil lag en nie geaffronteer wil word nie.