kykNET Fiëstas-nominasies bekendgemaak

Aardklop se program is vanjaar genomineer vir 18 gesogte kykNET-Fiëstastoekennings. Slegs produksies wat debuteer, kom in aanmerking vir hierdie pryse wat werk vanoor die hele land vereer. Debuutwerke wat vanjaar by Aardklop aangebied is, het die volgende nominasies ontvang:

  • Beste Akteur: Albert Pretorius (Bloed en Bodem)
  • Beste Akteur: Frank Opperman (Toutjies en Ferreira)
  • Beste Aktrise: Nadia Valvekens (Huishou)
  • Beste Aktrise: Cintaine Schutte (Huishou)
  • Beste Aktrise: Joanie Combrink (Toutjies en Ferreira)
  • Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks: Saartjie Botha (Toutjies en Ferreira)
  • Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks: Philip Rademeyer (Huishou)
  • Beste Vroulike Byspeler: Esther von Waltsleben (Toutjies en Ferreira)
  • Beste Opkomende Kunstenaar: Carla Smith (Bloed en Bodem)
  • Beste Aanbieding: Toutjies en Ferreira
  • Beste Duo of Ensemble: Huishou
  • Beste Duo of Ensemble: Toutjies en Ferreira
  • Beste Regie: Wolf Britz en Nicole Holm (Toutjies & Ferreira)
  • Beste Teaterontwerp: Wolf Britz en Nicole Holm (Toutjies en Ferreira)
  • Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Charl du Plessis: Dis Opera
  • Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Händel Masterpieces
  • Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan (Zanta Hofmeyr in viool dialoog met Miro Chakaryan)
  • Beste Prestasie in Visuele Kuns: Diane Victor (Skadu’s en Lig)

“Debuutwerke is altyd ‘n opwindende dobbelspel. Niemand kan werklik voorsien hoe die werk as geheel sal realiseer, of ontvang word nie. Dit is daarom vir Aardklop héérlik dat ons program se Fiëstas-nominasies binne slegs drie jaar gegroei het vanaf twee na 18 nominasies. Dankie aan elke kunstenaar, tegnikus, en elke borg wat saam met ons gewerk en geglo het. Ons is geweldig trots, en hou saam met die genomineerdes duim vas. ” Alexa Strachan – Feesbestuurder

Aardklop sal van 24-29 September 2019 in Potchefstroom aangebied word.