Pronk Podium 1

Aksie! (Afrikaanse Hoër Seunskool)
Tienerproduksies is die wenners van Noordheuwel-, Helpmekaar-, en Eldo Toneelfeeste. Studenteproduksies is die wenners van NWU Kampustoneel. Ondersteun deur NWU Kunste. Na die dramatiese mislukking van sy teaterproduksie het Heinrich die verhoog totsiens geroep. Dit het hom egter nie daarvan weerhou om nuwe projekte aan te pak nie. As skrywer, regisseur, hoofrol-akteur en alles wat enige vorm van erkenning kan verdien, besluit hy om aan die 48-uur filmkompetisie deel te neem. Die Moordspoor van die Blinde Hasie, ’n teks wat hy met bloed, sweet en trane gesteel het, is sy sleutel na roem, rykdom en beter vriende.

Lewe tussen blaaie (Laureus Manskoshuis)
Om te skryf is om te skep en om te skep is soos om geboorte te gee. So lui die woorde van die geliefde Prof Alex Wright, wat sy studente leer oor skryf, skep en stories maak. Prof Alex mag dalk effe verkramp wees, maar hy maak ’n blywende indruk op sy studente, selfs op die grootste jocks in die klas.

Girls High, 28 Sept, 14:00, R80 per pakket (sluit twee produksies in)

KLIK HIER VIR KAARTJIES