Pronk Podium 2

Forte (Helpmekaar Kollege)
Die verskil in die klanke wat tussen note bestaan. Wanneer is hard, té hard? Vir Emma Baker is forte baie meer as slegs ’n musiekterm. Haar lewe is hard. Haar verlange selfs harder. Haar wil om aan te hou waarskynlik die hardste. Kan mens musiek hard en sag op dieselfde tyd speel? Spel mens ‘har(t)d’ in musiek met ’n ‘t’ of ’n ‘d’ aan die einde?

Slaansak (Wag ’n Bietjie Dameskoshuis)
Die dag toe Mieke van Wyk in die skool instap, begin alles lelik skeef loop. “Ek meen, sy het seker iemand met ’n skroewedraaier by haar vorige skool doodgesteek of iets”. ’n Produksie oor skoolboelies. Wie is skuldig, en wie is nie? Besluit self wie die meeste bloed op hul hande het.

Girls High, 28 Sept, 16:00, R80 per pakket (sluit twee produksies in)

KLIK HIER VIR KAARTJIES