ALTEmit Acappella

Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette Viljoen (Anderkant nêrens se mense, God die digter, KROG), Olga Leonard (’n
Eeu van Eybers, KROG), Hilandi du Toit (Gesnaarde Gedigte, KROG) en Grethe van der Merwe (Ver van hier, Jy weet).

Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit tevore nie. Musiek uit hul eie penne, immergroen treffers met ’n kinkel, en ’n Afrika-werk of twee kry nuwe lewe met vindingryke verwerkings.

Met: Olga Leonard, Babette Viljoen, Hilandi du Toit en Grethe van der Merwe Regie: AlTEmit AcappellaVervaardiger: BO Produksies

Roots Intieme Teater, 25 Sept 18:30, 26, 27 Sept 13:00, 28 Sept 16:00, R130, 60min, Kontemporêr, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES