Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy verweef die musiek oudergewoonte met stories en herinneringe.

Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae tot musiek. Haar vorige Aardklop-produksie, Stadig oor die Klippers, is vanjaar bekroon met die Fiëstas-prys vir beste musiekproduksie.

Met: Amanda Strydom en Coenraad Rall (pianis)

kykNET Konservatorium, 25, 26, 28 Sept 17:00 27 Sept 10:00, R170 / R150 (pensioenarisse), 80 min, Kabaret, Gesin, Afr, Eng, Frans

KLIK HIER VIR KAARTJIES