Amigos

Vier vriende is vanaf ’n lughawe in Meksiko oppad terug na Suid- Afrika. Ben het die tyd verkeerd gehad en hulle is twaalf ure te vroeg. Om die tyd te verwyl herleef hulle die afgelope vakansie se sonbrand, tequilas, bloedsuiers en vryery.

Met: Deànré Reiners, Veronica Ramokgoname, Casper Lourens, Nadia Terblanche Teks en regie: Henry Jacobs Musiek: Rooksein Stelontwerp: Khakibos Produksies Verhoogbestuur: Sarien Taylor Vervaardiger: Khakibos Produksies

ATKV-Heimat Saal, 25, 28 Sept 17:30, 26 Sept 20:00, 27 Sept 10:00, R110, 65 min, Komedie, Drama, OB (T), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES

AKTIVEER: Met hierdie nuwe projek bied ons vir die die jong Turke, die vrylopers, voorlopers, en avontuurlustige Mavericks ’n platform. Die doel hiervan is verder ook om ’n geleentheid skep vir jonger teatermakers wat klop aan die deur – almal het immers iewers begin. Kom kyk gerus – dalk sien jy die volgende Anna-Mart of Tinarie vir die eerste keer in aksie. Hopelik nie die volgende Snorseun of Dolla nie – een van elk is reeds ’n handvol, of hoe? – Ondersteun deur ATKV