Charl du Plessis – Solo

Charl du Plessis debuteer met sy heel eerste soloklavierprojek. Sedert sy professionele debuut 20 jaar gelede, tree Du Plessis saam met verskeie sangers op, vorm sy eie trio en tree as solis op vir plaaslike en internasionale orkeste.

Soloklavier is egter sy eerste liefde. Hy ondersoek die binnewêreld van sy eie komposisies, improvisasies en herinneringe. Klassieke en populêre musiek vloei ineen in hierdie bekroonde Steinway-kunstenaar se nuwe produksie.

Met: Charl du Plessis

kykNET Konservatorium, 25 Sept 20:00, 26 Sept 10:00, R130 / R100 (pensioenarisse), 70 min, Kontemporêr, Gesin, Afr, Eng

KLIK HIER VIR KAARTJIES