Christo Wiese: Risiko en rykdom

Christo Wiese was nog nooit bang om ’n kans te vat nie.

Dié sakeman het sy tande by Pep Stores geslyp en ’n sakeryk opgebou wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit.

Die risiko’s wat hy oor 50 jaar in die sakewêreld neem, maak van hom die rykste man in die land. Tot die kans wat hy op die meubelgroep Steinhoff waag, skeefloop en hom vinnig terugbring aarde toe.

Met o.a. TJ Strydom en Daniëlla van Heerden (gespreksleier)

Saterdag 28 September, 13:30