Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite

Coenie de Villiers en sy musikante begin met komposisies uit sy skitterende album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Hierna volg die oorspronklike Karoo-suite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.

Deon Meyer se wonderskone teks belig die mense, die stories en persoonlikheid van die Karoo. Sy asemrowende fotografie en projeksies voltooi as agtergrondtafereel hierdie multimedia aanbieding.

’n Wonderskone, roerende teater-ervaring wat Coenie beskryf as: “Ons liefdesbrief aan die Karoo”.

Met: Coenie de Villiers, Deon Meyer Orkes: Jaconell Mouton, David Klassen, Mauritz Lotz Musiek: Coenie de Villiers Teks: Deon Meyer Musiekregie: Jaconell Mouton Vervaardiger: OPTOG! Ondersteun deur: King Price Insurance

Beeld Ouditorium, 27 Sept 20:30, R180 / R150, 75 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES