Die dinge van ‘n kind

“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”.

Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat.

Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die grensoorlog.

’n Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens.

Met: Cintaine Schutte Teks: Francois Toerien na die roman deur Marita van der Vyver Verhoogbestuur: Lize van Rooyen Klankbaan: Schalk Joubert Regie: Nicole Holm Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Ondersteun deur: NATi en LW Hiemstra Trust

kykNET Gimmies, 24, 26 Sept 13:00, 25, 27 Sept 20:00, 28 Sept 09:30, R145, 90 min, Drama, Geen o/16 (T, S), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES