Die intermissie

Die Intermissie is ’n kort maar aanhoudende sketskomedie.

Die meeste mense wat dit sien beskryf dit as ’n gesaghebbende bron tot kommer; beter as Bakgat 2; die kuur vir depressie, brongitis en verwante siektes; asook net-net bogemiddeld.

Meeste van hierdie akteurs ken ten minste hulle woorde en hulle beloof dat dit minstens ’n vergeetlike ervaring sal wees.

Met: Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout, Bouwer Bosch, Mila Guy, Barbara Brasington, Beer Adriaanse Teks: Bennie Fourie Stelontwerp: Kuns Wolwe Verhoogbestuur: Chanel Muller Musiek: Wesley van der Westhuizen Vervaardiger: Scharl van der Merwe

Banketsaal, 24 Sept 12:30, 25 Sept 17:30, 26 Sept 16:00, 27, 28 Sept 20:00, R140 / R100 (vir studente), 80 min, Komedie, Geen o/14 (T,G,N), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES