Die “ware” verhaal van die Drie Varkies

Lank lank gelede, wel… miskien nie so lank gelede nie, was daar ’n Ma-Vark genaamd Ot-Truida, want sy het baie gehou van truie brei, sien? Drie klein varkies moes truie kry – ’n ma se werk hou ook nooit op nie. Kom kuier saam op Otternasie-plasie, waar stories soms krulstertjies, wolhaarsterte of sommer net wollerige, harige sterte kry. Hierdie produksie is 100% kindervriendelik – geen karakters word opgevreet of doodgemaak nie!

Met: Dulinda Pieters, Robert Skinner, Arno Smith, Bernu Pieters, Zanel de Ville, Rubert Pieters, Carla-Marie Myburgh Stelontwerp: EnterActive Productions Regie: Dulinda Pieters

NWU Roots, 24, 27 Sept 09:00, 25 Sept 11:00, 26 Sept 13:00, 28 Sept 11:00, R80, 50 min, Kinderteater, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES