Dowwe Dolla – Nou of nooit!

Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis. Eskom se volgende reddingspakket is ’n geskenkpakkie met Blitz en Charcoal daarin. Woolies verkoop hiëna-vriendelike heuning.

Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ’n uitgerekte kuier……… wat sekerlik beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, nou of nooit!

Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (pianis) Teks: Jurgen Human Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Musiekregie: Coenraad Rall Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Totius Saal, 24 Sept 16:00, 25 Sept 20:00, 26 Sept 12:00, 27 Sept 14:00, 28 Sept 15:00, R150, 75 min, Komedie, Geen o/14 (T), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES