Feesterrein: Wat jy moet weet

Algemene inligting

  • Toegangskaartjies vir die feesterrein: Feeskantoor, Molenstraat 69, Potchefstroom, of by hekke tydens fees.
  • Dagkaartjies: R30 Weekkaartjies: R75
  • Kinders o/12:
  • Gratis Produksiekaartjies: Ticketpro

Feesinligting

  • Webblad: www.aardklop.co.za
  • Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees
  • Twitter: @AardklopFees
  • Instagram: @aardklopkunstefees
  • Geen diere (behalwe gidshonde) word op die feesterrein toegelaat nie.

Datums

  • Feesterrein: 24-28 September 2019 Terreinverhoë (LET WEL: Nie 29 September nie!)

Pendeldiens

  • Pendel blitsvinnig tussen verskillende venues. Die pendelstasie is op die hoek van Esselen- en Hoffmanstraat.

Die terrein is propvol vermaak! Met twee verhoë en optredes van Suid-Afrika se beste kunstenaars kan jy uitsien na heerlike GRATIS vermaak!

  • kykNET-verhoog Van die land se beste pop-kunstenaars! Kom kry vroegdag al jou sit, bederf jouself met ’n heerlike verversing en sien uit na ’n onvergeetlike musiekervaring.
  • Aardklop OntProp-verhoog Lus vir iets anders? ’n Propvol program wat iets vir die liefhebbers van unplugged musiek bied. Jy moet eenvoudig ’n draai hier maak!
  • Stalletjies Feesgangers kan uitsien na meer as 450 kunsvlytstalletjies en gaan smul by meer as 50 kosstalletjies.