Hond se gedagte

Fleur de Villiers is nie ’n rugbykenner nie.

Wanneer haar pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbokrugbykaptein Katstert Nel te skryf is sy teësinnig.

Haar voorliefdes is immers die fynere dinge in die lewe. Maar daar wag ’n groot verrassing op Fleur.

In die domein van Jaap Schvantz en sy eggenoot Krystle, is daar ’n klankie in die lug. Fleur, kry snuf in die neus.

’n Hoogtepunt in Breytenbach se oeuvre wat spreek tot rugbykenner en rugbyleek. Rugby is immers ’n metafoor vir die lewe – net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie.

Met Kerneels Breytenbach en Kabous Meiring (gespreksleier)

Woensdag 25 September, 13:30