Is ’n loopbaan in landbou lonend?

Hoe oud is die gemiddelde boer in Suid-Afrika? Is dit die moeite werd om in dié land te wil boer met onsekerhede soos onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, veediefstal, arbeidswetgewing, droogtes, insetkoste, mededinging met die invoermark en boerdery van skaal? Wat van ’n loopbaan in die breër landbousektor – in die landbou-waardeketting? Prontuit-aanbieder, Kabous Meiring, gesels met ‘n paneel hieroor.

  • Gespreksleier: Kabous Meiring (Prontuit) Saamgestel deur: Prontuit, kykNET
  • Paneellede: Wandile Sihlobo (Hoofekonoom: Agbiz), JP van der Berg (Jongboer van die jaar), Nono Sekhoto-Iga (Vroueboer)
  • 18:00, Vrydag 27 September; Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal

In samewerking met: Winslyn, Prontuit