Jan, Piet, Koos en Jakob

Dié derde bundel ontgin opnuut bekende temas uit die digter se oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, dikwels met ’n vlymskerp humorsin en ’n nog skerper visuele ingesteldheid.

Die verse word saamgeryg in ’n eenheid wat neig na ’n naamlys, na ’n portretuitstalling en selfs na ’n register van herinneringe.

Met Loftus Marais en Thys Human (gespreksleier)

Vrydag 27 September, 16:30