Jannie du Toit – Oesjaar

Jannie du Toit bly na vyf dekades steeds relevant.

Sy splinternuwe liedjies bevat uiteenlopende temas: ’n Huldeblyk aan Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in Melville, die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie, ’n huldeblyk aan Madiba, en ’n liefdeslied aan sy vrou, Therina, met wie hy in 2018 getroud is.

Met: Jannie du Toit (sang en kitaar), Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon), Theuns Botha (tromme) Verhoogbestuur: Jopie Koen Musiek en musiekregie: Jannie du Toit Verwerkings: Clinton Zerf Regie: Emma Bekker Ondersteun deur: Chris Lerm en Clover

Roots Intieme Teater, 24 Sept 15:00, 25 Sept 13:00, 26 Sept 16:00, 27 Sept 18:30, R135 / R100 (pensioenarisse), 70 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES