Katvoet

Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof in ’n nuwe verwerking. Scheepers verskuif die toneel na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld.

Dit is hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaardag. Boela, die oudste seun, drink homself buite weste om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef.

Watter familiedramas wag om uitgepluis te word?

Met: Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk Loots, Laudo Liebenberg, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Geon Nel, Mia Dippenaar, Inge Dippenaar, Nina Dippenaar Teks: Tennessee Williams Verwerk deur: Nico Scheepers Stelontwerp: Nico Scheepers en Patrick Curtis Beligtingsontwerp: Micheal Garbett Kostuumontwerp: Rouvé Hittingh Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Regie: Nico Scheepers Vervaardiger: US Woordfees. ’n NATi/ Feesteforum-produksie. Aangebied danksy ’n spesiale reëling met The University of the South, Sewanee, Tennessee.

Beeld Ouditorium, 24 Sept 15:30, 25 Sept 09:30, 26 Sept 15:30, 27 Sept 09:30, 28 Sept 17:00, R160, 120 min, Drama, Geen o/16 (T,N), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES