Klavier-, fagot- en fluitjolyt

Trio Joie de Vivre neem ons op ’n musikale reis. Ons begin in Italië met ’n sonate deur Vivaldi, daarna reis ons na Duitsland met ’n speelse Haydn-trio.

In Rusland word ons meegesleur deur die passie van Glinka se Trio Pathetique.

Ons besoek ook Argentinië met die tango en eindig in Amerika met ’n uittreksel uit die energieke Café Music van Schoenfield.

Met: André Oosthuizen (fluit), Liesl van der Merwe (fagot), Catrien Mulder-Wentink (klavier)

kykNET Konservatorium, 24 Sept 14:00, R100 / R60 (pensioenarisse), 60 min, Klassiek, Gesin

KLIK HIER VIR KAARTJIES