Koekeloer

’n Splinternuwe, eg Suid-Afrikaanse klug wat afspeel in ’n woonstel in Stellenbosch tydens die finale rondte van die Koekedoor-kompetisie.

Die twee finaliste is Marie Coleské, ’n oujongnooi van Koekenaap, en Marié Kok, ’n model van Ruimsig wat lingerie (fyn onderklere) vertoon. ’n Onbeholpe klouterdief en privaatspeurder, ’n jaloerse bokskampioen, ’n stuitige lingerie-ontwerper, ’n statige predikant, ’n omstrede boek en ’n onderstebokoek is die ander bestanddele van hierdie skreeusnaakse resep.

Met: Gavin van den Berg, Ben Pienaar, Erna Jo, Èmil Haarhoff, Juanita de Villiers en Tiaan Slabbert Stel- en klankontwerp: Rudi Sadler Beligtingsontwerp: Èmil Haarhoff Produksie- en Verhoogbestuur: Ilke König Choreografie: Ignatius van Heerden Teks: Braam van der Vyvyer Regie: Lihan Pretorius en Johan van der Merwe Vervaardiger: Theatrerocket Ondersteun deur: KunsStig, Heidi en Peter Couture en Hollywood Costumes

Totius Saal, 24, 26 Sept 19:30, 25, 27 Sept 09:30, R160, 150 min (20 min pouse), Klug, Geen 0/14 (T,S), Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES