Koningin Lear

Koningin Lear

’n Herverbeelding van William Shakespeare se King Lear.

Elizabeth het ’n internasionale sakeryk opgebou. Sy is nou bejaard en verloor haar houvas op die werklikheid: sy kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar.

’n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ’n hedendaagse sakewêreld. Bekroon met 8 Kanna-pryse tydens KKNK 2019. Krog se verstommende vertaling, ‘n oorrompelende Kellermann in die rol van ’n leeftyd en Basson se manjifieke meestershand in hierdie majestueuse produksie. ‘n Seldsame meesterstuk.

Met: Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe, André Roothman, Rolanda Marais, Neels van Jaarsveld, Wilhelm van
der Walt, Edwin van der Walt en Matthew Stuurman Teks: Tom Lanoye Vertaal deur: Antjie Krog Kostuumontwerp: Elaine du Plessis Klankontwerp: Rynhardt van Blerk Oudiovisuele ontwerp: Dawid Joubert Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Nicolaas de Jong Regie en stelontwerp: Marthinus Basson Vervaardiger: KKNK Ondersteun deur: NATi en die Vlaamse Fonds voor de Letteren

Beeld Ouditorium, 24, 26, 28 Sept 09:30, 25 Sept 14:30, 27 Sept 14:00, R160, 160 min (10 min pouse), Drama, Geen o/16 (T,G,D,N,V)

KLIK HIER vir kaartjies