Laurika Rauch

Alle Suid-Afrikaners ken die heimwee wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in die bus wat Aardklop toe ry!

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

’n Vanselfsprekende programkeuse.

Met: Laurika Rauch en Clinton Waring (pianis) Vervaardiger: OPTOG! Ondersteun deur: King Price Insurance

Beeld Ouditorium, 26 Sept 20:00, R180 / R160, 75 min, Kontemporêr, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES