Liefde agter tralies

Johann Nel, die Skierlikmoordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind ’n bruid en hulle het ’n swierige troue.

Hy is nie alleen nie.

Diewe, geweldsmisdadigers en selfs moordenaars vind liefde agter tralies.

Topverkoper Carla van der Spuy gesels met die sulkes wat liefde vind en aan die lewe hou. In samewerking met forensiese sielkundiges word hierdie fenomeen met insig en empatie ondersoek.

Met Carla van der Spuy en Kabous Meiring (gespreksleier)

Woensdag 25 September, 15:00