Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien

Dis vakansietyd en die Vlakplaas Vaaljapies is terug met ’n splinternuwe avontuur in die Liewe Loeloe-reeks.

Ouma Dot het ’n MOENIE-BOELIE masjien gebou… want ’n boelie is mos ’n buffel wat maatjies karnuffel, hy swaai sy vuiste wild en woes en almal moet buk en koes!

Ouma Dot leer Loeloe en Jorsie hoe om boelies soos Tommie Tergtand, Pottie Pootjie en Sarel Suurappel Swaaier mak soos lammetjies te maak. Loeloeraai, tiekiedraai, een, twee, drie en sê koebaai!

Met: Ilne Fourie, Schoeme Grobler, Barend Kriel Stelontwerp: Teatermaters Regie: JP du Plessis Vervaardiger: Teatermaters, JP du Plessis en Ilne Fourie

NWU Roots, 24, 27 Sept 13:00, 25, 28 Sept 09:00, 26 Sept 11:00, R80, 45 min, Kinderteater, Gesin, Afr

KLIK HIER VIR KAARTJIES